Nuwe uitstalterrein vir Aim & Wild Expo

| Print |  Email | Thursday, 09 February 2012 11:07 | Written by Super User |

Nuwe uitstalterrein vir Aim & Wild Expo

Die Aim & Wild Expo, een van die grootste jag-, wildboerdery-, hengel- en buitelewe-skoue in Suid-Afrika, verskuif vanjaar na ʼn nuwe uitstalterrein. Die jaarlikse ekspo, wat ʼn hoogtepunt in die dagboeke van wild- en buitelewe-entoesiaste is, word van Vrydag, 30 Maart tot Sondag, 1 April 2012 by die Heartfelt Arena in Pretoria gehou.

Die Aim & Wild Expo, wat voorheen by die Tshwane Events Centre aangebied is, is ʼn doelgemaakte skou vir die wildbedryf en buitelewe-entoesiaste. Die ekspo bied weer ʼn wye verskeidenheid jag-, wildboerdery-, hengel- en buitelewe-toerusting en -bybehore aan, insluitend wapens en ammunisie, jagboë, messe, jag-, hengel- en kampeertoerusting en 4 x 4-voertuie.

Jan van der Walt, organiseerder van die Aim & Wild Expo, sê die nuwe geriewe pas die Aim & Wild Expo perfek. “Die uitstalgeriewe is baie sentraal en veelsydig, met groot ruimte vir uitstallings, wegbreekareas vir die ekspo se vol program, buitegebiede vir uitstallings, hengel- en 4x4-fasiliteite, en oorgenoeg parkering. Ons dink dis ʼn uitstekende terrein vir ʼn uitstekende skou.”
Daar word verwag dat meer as 150 uitstallers vanjaar hulle produkte en dienste as deel van die Aim & Wild Expo sal tentoonstel, terwyl die ekspo-program weer ʼn verskeidenheid interessante praatjies, demonstrasies en kompetisies sal aanbied. Hoogtepunte op die program sluit in jaghondvertonings, ʼn 4x4-baan, ʼn ProAmm-groeperingskietkompetisie en ʼn hengeldam waar hengelaars hulle vaardigheid kan toets.

Wildlife Ranching South Africa bied op Vrydag, 30 Maart tydens die ekspo ʼn seminaar vir wildboere aan. Die tema vir die seminaar is Game Ranching – Ensuring current and future conservation and Green Economy benefits. Meer inligting oor hierdie seminaar is beskikbaar by Anita 012 335 6994 of op die ekspo se webwerf, www.aim-wildexpo.co.za.  

Daar is ook baie geleentheid vir pret met jagboë by vanjaar se Aim & Wild Expo, terwyl die jonger besoekers vermaak in die vorm van waterballe, verfbal, klimmure, vierwielmotorfietse en tydelike tatoeëermerke kan geniet.

Volgens Jan van der Walt is beperkte uitstalruimte nog by die ekspo beskikbaar. “Die Aim & Wild Expo is ʼn uitstekende bemarkingsgeleentheid, wat vir uitstallers ʼn platform skep om hul kliënte persoonlik te ontmoet, hul handelsmerk uit te brei en verkope te doen. Ons bemark die ekspo aan natuur- en buitelewe-entoesiaste, diereliefhebbers, jagters, hengelaars, wildboere, omgewingsbewaarders en 4x4-entoesiaste – ons besoekers is ernstig oor die natuur.”

Die Aim & Wild Expo word deur Wild & Jag-tydskrif in samewerking met SA Baars, Die Oewer-hengelaar en Africa’s Bowhunter aangebied.
Vir meer inligting oor die Aim & Wild Expo, insluitend inligting vir uitstallers en borgskapgeleenthede, besoek www.aim-wildexpo.co.za of tel 012 348 5550.

Uitgereik deur:    Liesel Swart
Roundtree Communications
Tel: +27 82 672 0067
Namens:    Jan van der Walt
Aim & Wild Expo
Tel: +27 12 348 5550

Contact Liesel Swart

082 672 0067
E-Mail: JLIB_HTML_CLOAKING

Farmers Weekly

fw logo

car interiorLorem Ipsum has been the industry's standard dummy text ever since the 1500s...